Owerhede moet toerisme-misdaad hokslaan

Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging spreek kommer uit oor 'n reeks misdade wat toeriste raak. Dit volg op onlangse inbrake by twee lodges naby Outjo, die aanranding van 'n toeris by Spitzkoppe, en 'n reeks reiswaarskuwings wat uitgereik is deur lande soos Kanada, Duitsland en die Verenigde State oor toenemende misdaad in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold gepraat, wat sê alle belanghebbendes, insluitend die polisie, moet beslissend optree om vertroue in die land se toerismesektor te herstel.
8 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Unicef-landsverteenwoordiger Ocran neem afskeid

Unicef het afskeid geneem van die Namibiese landsverteenwoordiger, Samuel Ocran, ná ’n ampstermyn van drie jaar waarin hy op die bevordering van kinderregte, gesondheid en onderwys gefokus het. Ocran, wat deur vennote vir sy voorspraak geprys is, het vertroue uitgespreek in voortgesette sterk samewerking tussen Unicef en die regering. Hy…
29 Oct 10AM 1 min

VSA ekonomie 'kan Demokrate in verkiesing bevoordeel'

Met net ’n week oor voor die Amerikaanse middeltermynverkiesing op 3 November, staar president Donald Trump ’n moeilike politieke landskap in die gesig. Die president van Pathway USA, Dianne Steward, sê ekonomiese kommer kan die Demokrate ’n sterk kans gee om die drie setels te wen wat hulle nodig het…
29 Oct 9AM 1 min

Skole, klinieke bou is staat se werk, nie partye s'n: Nashinge

Leier van die opposisie in die parlement en IPC-woordvoerder Imms Nashinge sê dat staatsbefondsing aan politieke partye bedoel is om hul deelname aan parlementêre demokrasie te ondersteun, nie om skole of klinieke te bou nie. Hy beklemtoon dat die staat verantwoordelik is vir sosio-ekonomiese ontwikkeling deur belastinginkomste te gebruik. Dit…
29 Oct 9AM 1 min

Obama spot Trump-administrasie oor grap-reaksie

Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, het Donald Trump se administrasie gespot oor sy reaksie op 'n grappie waarin hy versierings in die Withuis vergelyk het met "Saddam Hussein wat 'n kaaskoekfabriek oopmaak". Hy het kritiek gelewer op Trump se goue dekorveranderings in die ampswoning. Obama het voor volgende week…
29 Oct 8AM 1 min

Gesondheid verskerp toesig teen Ebola

Die land het sy paraatheid teen Ebola verskerp midde ’n groeiende streeksuitbreking. Die Demokratiese Republiek van die Kongo het reeds meer as 10 000 bevestigde gevalle en byna 4 900 sterftes aangemeld. Kenia het nege gevalle, insluitend twee sterftes, bevestig, terwyl Nigerië een geval aangeteken het. Die gesondheidministerie se woordvoerder,…
29 Oct 8AM 1 min