Los eerder wilde sampioene uit

Loading player...
Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai enigiemand wat 'n wilde sampioen geëet het aan om onmiddellik mediese hulp te soek, selfs al het hulle geen simptome nie:
8 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump vaar weer uit teen Navo

President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in…
8 Jul 1AM 1 min

Noa gesels oor 20 jaar by die ACC

Die stigtersdirekteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, berei voor om die instelling op 31 Julie te verlaat, wat 'n 20-jaar lange ampstermyn aan die stuur van Namibië se korrupsiewaghond tot 'n einde bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Noa besin oor die afgelope 20 jaar. Hy sê…
8 Jul 1AM 1 min

Owerhede moet toerisme-misdaad hokslaan

Die Gasvryheidsvereniging spreek kommer uit oor 'n reeks misdade wat toeriste raak. Dit volg op onlangse inbrake by twee lodges naby Outjo, die aanranding van 'n toeris by Spitzkoppe, en 'n reeks reiswaarskuwings wat uitgereik is deur lande soos Kanada, Duitsland en die Verenigde State oor toenemende misdaad in Namibië…
8 Jul 12AM 1 min

Zim-hofbesluit oor SME Bank goed vir deposante, maar...

Reaksie word ontvang op die Hoërhof van Zimbabwe wat die likwidasie van Namibië se mislukte SME Bank erken het, wat die weg baan vir die hofaangestelde likwidateurs om bates in Zimbabwe te verhaal en die afdwinging van Namibiese hofbevele na te streef. Regter Siyabona Musithu het ten gunste van Bruni…
8 Jul 12AM 1 min