Bibi sê Turkse regering is radikaal

Loading player...
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het president Donald Trump van Amerika gewaarsku om nie F-35 Stealth-vegvliegtuie aan Turkye te verkoop nie. Hy sê dit sal die magsbalans in die Midde-Ooste “vernietig”. Trump het vroeër die week aangedui hy is bereid om ʼn verbod op die vliegtuie se verkope aan Ankara wat hy in sy eerste termyn ingestel het, om te keer. Netanyahu het aan CNN gesê Turkye is nie regtig ʼn model-bondgenoot van Amerika nie:
9 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bokke gaan sake regstel, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya…
25 Aug 11AM 1 min

RMB Namibië stel Ray Auala Jr. as hoof van globale markte aan

RMB Namibië het Rehabeam "Ray" Auala Jr. as hoof van globale markte aangestel om sy finansiële risiko- en markbestuursvermoëns te versterk. Groephoof van kommunikasie, Kirsty Watermeyer, sê dat die aanstelling reageer op die groeiende vraag na buitelandse valuta, risiko-oplossings en toegang tot kapitaalmarkte. Auala bring meer as 12 jaar ondervinding…
25 Aug 11AM 1 min

Nuwe Bestuurskomitee vir die Informele Ekonomie kry lof

Die industrialisasie-ministerie het die Nasionale Bestuurskomitee vir die Informele Ekonomie van stapel gestuur om ondersteuning vir grondvlak-ondernemings te koördineer. Met die informele sektor wat byna 60 persent van die land se BBP bydra en as 'n primêre bron van werk vir die jeug en vroue dien, beoog die nuwe liggaam…
25 Aug 10AM 1 min

LPM baklei in hof teen oud-Keetmans burgemeester

Die Landless People’s Movement het sy besluit verdedig om voormalige Keetmanshoop-burgemeester Melody Swartbooi uit die raad te onttrek, en sê dat alle interne beleide en wetlike prosedures streng gevolg is. Swartbooi het die party na die hof gesleep om haar verwydering en die aanstelling van die nuwe burgemeester Emrico Blaauw…
25 Aug 10AM 1 min

2026 Desert Challenge gesetel in Hentiesbaai

Meer as 125 ruiters van reg oor die wêreld, insluitend Suid-Afrika, Botswana, Angola, Frankryk, Australië en Nederland, is in Hentiesbaai vir die 2026 Desert Challenge uithou-perdewedren en FEI Groep IX Kampioenskappe. Namibië Uithou-amptenaar Michelle Kotze het bevestig dat 'n paneel van 20 lede verpligte veeartsenykundige ondersoeke dwarsdeur die wedren sal…
25 Aug 10AM 1 min