Parlement se werkstempo is maar traag

Loading player...
Volgens die Nasionale Vergadering se jongste ordelys is ses wetsontwerpe tans in die tweede leesfase en word gedebatteer. Dit sluit in die grond-wetsontwerp en die petroleum-wysigingswetsontwerp. Na die tweede leesfases gefinaliseer is, sal die wetsontwerpe na die komitee-fase gaan en dan na die derde leesfase, voordat dit na die Nasionale Raad gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi gepraat oor die parlement se werkstempo, wat uiters stadig is.
9 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Leeus 'kort kondisionering', maar lek lippe af vir All Blacks

Rugby: Die Leeus se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, erken hulle is nie ten volle gereed vir die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen nie, maar gretig om hulle vanaand in Johannesburg teen Nieu-Seeland te toets. Die All Blacks is onoorwonne op hulle Suid-Afrikaanse toer nadat hulle reeds met die Stormers, die Haaie en…
25 Aug 9AM 1 min

Publiek moet koper-, veseloptiese kabel-diefstal help keer

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, versoek die publiek om koper- en veseloptiese kabels teen diefstal te beskerm. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê die voortgesette vandalisme en diefstal van telekommunikasie-infrastruktuur behoort elke burger te bekommer. Hy sê die wyer skade ontwrig besighede, gemeenskappe en openbare dienste.
25 Aug 9AM 1 min

Ontario-premier tart Trump oor tariewe

Die verhouding tussen die VSA en Kanada het versuur. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek reeds van krag geword, met Kanadese premier Mark Carney wat sê Kanada sal op 8 September met sy eie tariewe wraak neem. Intussen het deelstaat Ontario se premier Doug…
25 Aug 8AM 1 min

Suider-Afrika praat klimaat op Swakopmund

Die 33ste Suider-Afrikaanse Klimaatvooruitsigteforum is aan die gang op Swakopmund, waar klimaatkundiges, besluitnemers en ontwikkelingsvennote van reg oor die SAOG vergader om die streek se seisoenale klimaatvooruitsigte te bespreek. Werkeminister Veikko Nekundi sê in 'n toespraak die driedaagse forum moet 'n sterk fokus plaas op die versterking van vroeë waarskuwingstelsels…
25 Aug 8AM 1 min

Deelname van SA-vroue in tegnologie moet uitbrei

Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika kan nie sy ontwikkelings-ambisies bereik as vroue en meisies uitgesluit word van geleenthede in wetenskap, tegnologie en innovasie nie. Daar was vordering wat vroue se deelname aan wetenskap en navorsing betref, met vroue wat 52-persent uitmaak van die akademiese…
25 Aug 6AM 1 min