Moodie sê Bokke verwag verbete stryd teen Skotland

Loading player...
Rugby: Die Springbok-vleuel Canan Moodie sê hulle verwag Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria ʼn taai stryd teen ʼn gevaarlike Skotse span in die tweede ronde van die Nasieskampioenskap. Suid-Afrika het Engeland verlede naweek in die eerste ronde 45-21 afgeransel, terwyl Skotland Argentinië 47-38 verslaan het. Moodie, wat die 25ste keer vir die Bokke sal uitdraf, sê hulle is gereed vir ʼn verbete stryd in die lug:
9 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Leeus 'kort kondisionering', maar lek lippe af vir All Blacks

Rugby: Die Leeus se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, erken hulle is nie ten volle gereed vir die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen nie, maar gretig om hulle vanaand in Johannesburg teen Nieu-Seeland te toets. Die All Blacks is onoorwonne op hulle Suid-Afrikaanse toer nadat hulle reeds met die Stormers, die Haaie en…
25 Aug 9AM 1 min

Publiek moet koper-, veseloptiese kabel-diefstal help keer

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, versoek die publiek om koper- en veseloptiese kabels teen diefstal te beskerm. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê die voortgesette vandalisme en diefstal van telekommunikasie-infrastruktuur behoort elke burger te bekommer. Hy sê die wyer skade ontwrig besighede, gemeenskappe en openbare dienste.
25 Aug 9AM 1 min

Ontario-premier tart Trump oor tariewe

Die verhouding tussen die VSA en Kanada het versuur. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek reeds van krag geword, met Kanadese premier Mark Carney wat sê Kanada sal op 8 September met sy eie tariewe wraak neem. Intussen het deelstaat Ontario se premier Doug…
25 Aug 8AM 1 min

Suider-Afrika praat klimaat op Swakopmund

Die 33ste Suider-Afrikaanse Klimaatvooruitsigteforum is aan die gang op Swakopmund, waar klimaatkundiges, besluitnemers en ontwikkelingsvennote van reg oor die SAOG vergader om die streek se seisoenale klimaatvooruitsigte te bespreek. Werkeminister Veikko Nekundi sê in 'n toespraak die driedaagse forum moet 'n sterk fokus plaas op die versterking van vroeë waarskuwingstelsels…
25 Aug 8AM 1 min

Deelname van SA-vroue in tegnologie moet uitbrei

Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika kan nie sy ontwikkelings-ambisies bereik as vroue en meisies uitgesluit word van geleenthede in wetenskap, tegnologie en innovasie nie. Daar was vordering wat vroue se deelname aan wetenskap en navorsing betref, met vroue wat 52-persent uitmaak van die akademiese…
25 Aug 6AM 1 min