Van Vuuren gesels oor verkiesing na IKR

Loading player...
Die president van Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy verkiesing as geaffilieerde lid-direkteur op die raad van die Internasionale Krieketraad in Edinburgh. Van Vuuren, 'n mediese dokter, is sedert 2018 president van Krieket Namibië, asook uitvoerende hoof van die N/a'an ku sê-groep. In 2003 het hy Namibië verteenwoordig by beide die Rugby-wêreldbeker en die Krieket-wêreldbeker, steeds 'n unieke prestasie in internasionale sport. Kosmos 94.1 Nuus het met Van Vuuren oor die aanstelling gesels.
10 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ontario-premier tart Trump oor tariewe

Die verhouding tussen die VSA en Kanada het versuur. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek reeds van krag geword, met Kanadese premier Mark Carney wat sê Kanada sal op 8 September met sy eie tariewe wraak neem. Intussen het deelstaat Ontario se premier Doug…
25 Aug 8AM 1 min

Suider-Afrika praat klimaat op Swakopmund

Die 33ste Suider-Afrikaanse Klimaatvooruitsigteforum is aan die gang op Swakopmund, waar klimaatkundiges, besluitnemers en ontwikkelingsvennote van reg oor die SAOG vergader om die streek se seisoenale klimaatvooruitsigte te bespreek. Werkeminister Veikko Nekundi sê in 'n toespraak die driedaagse forum moet 'n sterk fokus plaas op die versterking van vroeë waarskuwingstelsels…
25 Aug 8AM 1 min

Deelname van SA-vroue in tegnologie moet uitbrei

Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika kan nie sy ontwikkelings-ambisies bereik as vroue en meisies uitgesluit word van geleenthede in wetenskap, tegnologie en innovasie nie. Daar was vordering wat vroue se deelname aan wetenskap en navorsing betref, met vroue wat 52-persent uitmaak van die akademiese…
25 Aug 6AM 1 min

Rolspelers in hernubare energie moet na gekoördineerde optrede beweeg

Die inkomende voorsitter van die Vereniging vir Hernubare Energie-industrie van Namibië, Paulus Mulunga, sê die hernubare energie-bedryf moet van voorspraak na gekoördineerde optrede beweeg. Mulunga sê die doel is om te verseker dat die vereniging nie net die belange van die bedryf verteenwoordig nie, maar ook help om praktiese oplossings…
25 Aug 6AM 1 min

Maansverduistering: Kyk Vrydagoggend op

'n Gedeeltelike maansverduistering sal Vrydagoggend plaasvind wanneer 92,6 persent van die Maan deur die Aarde se skaduwee bedek word. Die verduistering sal vroegoggend oor Suider-Afrika sigbaar wees, met die Maan wat 'n treffende rooierige oranje kleur aanneem. Professor Pieter Meintjies, 'n Astrofisikus aan die Vrystaatse Universiteit, het die verskynsel aan…
25 Aug 6AM 1 min