Nog baie om te doen om korrupsie te beveg

Loading player...
Vandag is Afrika Teenkorrupsiedag, met vanjaar se tema: “Die Verskerping van die Bevordering van Integriteit en Teenkorrupsie-aksies reg oor Afrika”. 'n Sleutelfokus is die versterking van beskerming en ondersteuning vir integriteitsvegters, fluitjieblasers en teenkorrupsie-aktiviste. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië steeds op hierdie gebied tekortskiet, met geen Fluitjieblasers-beskermingskantoor byna 'n dekade nadat die Fluitjieblasersbeskermingswet in 2017 aangeneem is nie.
11 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Matrieks in Kaapstad gewaarsku oor taxigeweld

Matriekkandidate in Kaapstad word aangemoedig om vroeër as gewoonlik van die huis te vertrek wanneer hulle eksamens gaan aflê. Dit volg nadat taxi- en bendegeweld vanoggend in Delft, Khayelitsha en Nyanga tot vervoerprobleme gelei het. Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê sommige kandidate wat vandag hul Engels-eksamen geskryf…
29 Oct 5AM 1 min

Kunene-goewerneur wens Nandi-Ndaitwah geluk met haar verjaardag

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vier vandag haar 74ste verjaardag. Die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê leierskap vereis moeilike besluite, onwrikbare vasberadenheid en die wysheid om verby vandag se uitdagings na môre se moontlikhede te kyk.
29 Oct 5AM 1 min

Kaapstadse burgemeester vra taxileiers om te help om geweld te beëindig 

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het 'n vlaag taxi-verwante skietvoorvalle wat sedert gister in Delft, Khayelitsha, Mfuleni en Gugulethu voorgekom het, veroordeel. Die Metro-polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het op verskeie voorvalle gereageer. Die Stad doen ook 'n beroep op enigiemand met inligting oor die skietvoorvalle om dit anoniem…
29 Oct 3AM 1 min

NamPol vra hulp om jeugmisdaad hok te slaan  

NamPol se Zambezi-streekbevelvoerder, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê wetstoepassing alleen kan nie jeugmisdaad in Katima Mulilo stop nie. Met verwysing na ’n toename in bendegeweld en rooftogte in brandpunte soos Choto en Cowboy, sê sy aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar nie genoeg personeel is om elke straathoek te patrolleer nie…
29 Oct 3AM 1 min