Twee in Soweto vas ná gruvonds

Loading player...
Twee mans is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes 'n gekaapte voertuig en vermoedelike menslike organe by 'n woning in Naledi, Soweto, ontdek het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die taktiese reaksie-eenheid het 'n wenk opgevolg oor 'n voertuig wat by die eiendom afgetakel word. Hy het verduidelik dat met verdere deursoeking van die erf twee emmers met vermoedelike menslike organe, insluitend harte en longe, ontdek is:
11 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiërs gemaan om hul aanlyn-data teen kubermisdaad te beskerm

Ter viering van Kubersekuriteitsbewustheidsmaand, doen Jason Meinert, uitvoerende hoof van Meinert se Kubersekuriteit, 'n beroep op Namibiërs om waaksaam te bly teen digitale bedreigings. Hy sê dat die beskerming van aanlyn-privaatheid en data voortdurende gebruikersversigtigheid, sterk wagwoordgewoontes en die moontlikheid van multifaktor-verifikasie vereis. Meinert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
29 Oct 5AM 1 min

Matrieks in Kaapstad gewaarsku oor taxigeweld

Matriekkandidate in Kaapstad word aangemoedig om vroeër as gewoonlik van die huis te vertrek wanneer hulle eksamens gaan aflê. Dit volg nadat taxi- en bendegeweld vanoggend in Delft, Khayelitsha en Nyanga tot vervoerprobleme gelei het. Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê sommige kandidate wat vandag hul Engels-eksamen geskryf…
29 Oct 5AM 1 min

Kunene-goewerneur wens Nandi-Ndaitwah geluk met haar verjaardag

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vier vandag haar 74ste verjaardag. Die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê leierskap vereis moeilike besluite, onwrikbare vasberadenheid en die wysheid om verby vandag se uitdagings na môre se moontlikhede te kyk.
29 Oct 5AM 1 min

Kaapstadse burgemeester vra taxileiers om te help om geweld te beëindig 

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het 'n vlaag taxi-verwante skietvoorvalle wat sedert gister in Delft, Khayelitsha, Mfuleni en Gugulethu voorgekom het, veroordeel. Die Metro-polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het op verskeie voorvalle gereageer. Die Stad doen ook 'n beroep op enigiemand met inligting oor die skietvoorvalle om dit anoniem…
29 Oct 3AM 1 min