Vlugbal: Rössing kraai koning op Swakop

Loading player...
Rössing Uranium het Corporate Volleyball Swakopmund se jaarlikse toernooi Saterdag gewen deur die span van Navachab met 24-21 in die eindstryd te verslaan en sodoende met die prysgeld van 8 000 Namibiese dollar weg te stap. Kosmos 94.1 het die aksiebelaaide dag bygewoon en Jean-Louis Knouwds het met Rössing se korporatiewe kommunikasiebeampte, Fikameni Matias, gesels:
12 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiërs gemaan om hul aanlyn-data teen kubermisdaad te beskerm

Ter viering van Kubersekuriteitsbewustheidsmaand, doen Jason Meinert, uitvoerende hoof van Meinert se Kubersekuriteit, 'n beroep op Namibiërs om waaksaam te bly teen digitale bedreigings. Hy sê dat die beskerming van aanlyn-privaatheid en data voortdurende gebruikersversigtigheid, sterk wagwoordgewoontes en die moontlikheid van multifaktor-verifikasie vereis. Meinert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
29 Oct 5AM 1 min

Matrieks in Kaapstad gewaarsku oor taxigeweld

Matriekkandidate in Kaapstad word aangemoedig om vroeër as gewoonlik van die huis te vertrek wanneer hulle eksamens gaan aflê. Dit volg nadat taxi- en bendegeweld vanoggend in Delft, Khayelitsha en Nyanga tot vervoerprobleme gelei het. Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê sommige kandidate wat vandag hul Engels-eksamen geskryf…
29 Oct 5AM 1 min

Kunene-goewerneur wens Nandi-Ndaitwah geluk met haar verjaardag

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vier vandag haar 74ste verjaardag. Die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê leierskap vereis moeilike besluite, onwrikbare vasberadenheid en die wysheid om verby vandag se uitdagings na môre se moontlikhede te kyk.
29 Oct 5AM 1 min

Kaapstadse burgemeester vra taxileiers om te help om geweld te beëindig 

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het 'n vlaag taxi-verwante skietvoorvalle wat sedert gister in Delft, Khayelitsha, Mfuleni en Gugulethu voorgekom het, veroordeel. Die Metro-polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het op verskeie voorvalle gereageer. Die Stad doen ook 'n beroep op enigiemand met inligting oor die skietvoorvalle om dit anoniem…
29 Oct 3AM 1 min