
IPC eis besonderhede van ooreenkomste met China
Loading player...
Die IPC spreek kommer uit oor Namibië se onlangse ooreenkomste met China en vra vir groter deursigtigheid en die vrystelling van die volledige besonderhede van die ooreenkomste wat tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besoek aan Beijing onderteken is. Sy het oor die naweek teruggekeer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die party se skaduminister van internasionale betrekkinge, Rodney Cloete, dat vrae steeds bestaan oor strategiese gebiede, insluitend minerale, verdedigingsamewerking en ekonomiese vennootskappe, en waarsku dat Namibië moet verseker dat hierdie ooreenkomste duidelike voordele vir die land inhou.

