
Linyanti brand, ministerie sê dit sukkel
Loading player...
Die omgewingsministerie sê alle beskikbare pogings word aangewend om 'n veldbrand te beheer wat sedert die naweek in die Linyanti-kiesafdeling naby die Botswana-grens woed. Die brand het reeds sowat 150 hektaar vernietig, insluitend beeskrale, terwyl kommer voortduur oor die moontlike impak op wild. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Vilho Hangula, gepraat, wat sê die situasie sal vandeesweek onder beheer gebring word.

