Uitdagings met regstellingsplan vir visserye duur voort

Loading player...
Uitdagings met die regering se regstellingsplan vir visserye duur voort. Walu Fishing se besturende direkteur Erna Loch spreek kommer uit oor die Regeringsprogram vir Regstelling in Indiensneming vir vissermanne. Die ministerie het voorheen gesê dat hulle vir die huidige visvangseisoen geen ooreenkoms met Walu het nie. Volgens plaaslike berigte sê die ministerie dat die maatskappy nie vir enige kwotatoewysing in aanmerking kom nie en dat enige bewering tot die teendeel vals is. Loch is aan die woord.
13 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Deelname van SA-vroue in tegnologie moet uitbrei

Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika kan nie sy ontwikkelings-ambisies bereik as vroue en meisies uitgesluit word van geleenthede in wetenskap, tegnologie en innovasie nie. Daar was vordering wat vroue se deelname aan wetenskap en navorsing betref, met vroue wat 52-persent uitmaak van die akademiese…
25 Aug 6AM 1 min

Rolspelers in hernubare energie moet na gekoördineerde optrede beweeg

Die inkomende voorsitter van die Vereniging vir Hernubare Energie-industrie van Namibië, Paulus Mulunga, sê die hernubare energie-bedryf moet van voorspraak na gekoördineerde optrede beweeg. Mulunga sê die doel is om te verseker dat die vereniging nie net die belange van die bedryf verteenwoordig nie, maar ook help om praktiese oplossings…
25 Aug 6AM 1 min

Maansverduistering: Kyk Vrydagoggend op

'n Gedeeltelike maansverduistering sal Vrydagoggend plaasvind wanneer 92,6 persent van die Maan deur die Aarde se skaduwee bedek word. Die verduistering sal vroegoggend oor Suider-Afrika sigbaar wees, met die Maan wat 'n treffende rooierige oranje kleur aanneem. Professor Pieter Meintjies, 'n Astrofisikus aan die Vrystaatse Universiteit, het die verskynsel aan…
25 Aug 6AM 1 min

ECB sê boereskemas sukkel met kragnetwerke

Die Elektrisiteitsbeheerraad het swakpunte in sommige plaaslike elektrisiteitsverspreidingsnetwerke geïdentifiseer. Volgens die raad se 2024/25-infrastruktuurverslag was agt van die 13 boereskemas wat geïnspekteer is, in 'n swak toestand. Die woordvoerder van die Elektrisiteitsbeheerraad, Nelson Ashipala, sê die meeste van die sewe myne wat geïnspekteer is, is as bevredigend beoordeel, met Namdeb…
25 Aug 6AM 1 min