Veiligheidskeuring van senior SAPD-lede onderweg

Loading player...
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap is tans besig met die veiligheidskeuring van senior polisiebestuurders as deel van die regering se breër pogings om integriteit, verantwoordbaarheid en openbare vertroue binne wetstoepassing te versterk. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê 18 van die 23 luitenant-generaals wat tans landwyd dien, het reeds formeel hul aansoeke vir herkeuring ingedien. Ntshavheni sê die Staatsveiligheidsagentskap het oorgeskakel na elektroniese keuring om die proses te versnel:
13 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maansverduistering: Kyk Vrydagoggend op

'n Gedeeltelike maansverduistering sal Vrydagoggend plaasvind wanneer 92,6 persent van die Maan deur die Aarde se skaduwee bedek word. Die verduistering sal vroegoggend oor Suider-Afrika sigbaar wees, met die Maan wat 'n treffende rooierige oranje kleur aanneem. Professor Pieter Meintjies, 'n Astrofisikus aan die Vrystaatse Universiteit, het die verskynsel aan…
25 Aug 6AM 1 min

ECB sê boereskemas sukkel met kragnetwerke

Die Elektrisiteitsbeheerraad het swakpunte in sommige plaaslike elektrisiteitsverspreidingsnetwerke geïdentifiseer. Volgens die raad se 2024/25-infrastruktuurverslag was agt van die 13 boereskemas wat geïnspekteer is, in 'n swak toestand. Die woordvoerder van die Elektrisiteitsbeheerraad, Nelson Ashipala, sê die meeste van die sewe myne wat geïnspekteer is, is as bevredigend beoordeel, met Namdeb…
25 Aug 6AM 1 min

Recon se uitslae toon groot potensiaal vir uitbreiding

ReconAfrica vorder met olie- en gaseksplorasie aanlandig in Namibië se sensitiewe Kavango-bekken, 'n projek wat kritiek ontlok oor omgewingskwessies en potensiële ekonomiese impakte. Die uitvoerende hoof, Brian Rainsborough, het aangekondig dat onlangse toetse in die Huttenberg-formasie natuurlike gas suksesvol na die oppervlak laat vloei het, wat die weg gebaan het…
25 Aug 6AM 1 min

Rwanda het niks met oostelike DRK-geweld te doen nie - Kagame

Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die bewering dat sy land verantwoordelik is vir die huidige konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo, en sê dis faksies in die DRK. Sy opmerkings volg ná herhaalde pogings, insluitend die Amerikaanse vredesooreenkoms, om die konflik te beëindig. Kagame sê…
25 Aug 5AM 1 min