Namibiërs in SA 'wys ekonomiese realiteite uit'

Loading player...
Kommentaar word ontvang op die suksesvolle repatriasie Sondag van 'n aanvanklike groep van 72 burgers uit Suid-Afrika na 'n toename in anti-immigrante-onrus. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat wat sê dit beklemtoon die ekonomiese realiteite wat baie Namibiërs dryf om geleenthede in Suid-Afrika te gaan soek.
14 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Huiseienaars gewaarsku oor dakonderhoud voor reënseisoen

Die reënseisoen is op pad en huiseienaars word aangemoedig om maatreëls te tref om hul wonings te beskerm. Chris Chipadza, eisebestuurder by Old Mutual Korttermynversekering, waarsku dat swak dakonderhoud tot duur waterskade kan lei, en huiseienaars moontlik sonder versekeringsdekking kan laat wanneer hulle dit die nodigste het. Hy sê voorkoming…
29 Oct 12AM 1 min

Dringende hulp gevra vir boere ná verwoestende veldbrande

Boere in die Otjiwarongo- en Outjo-omgewings sukkel met die gevolge van verwoestende veldbrande, wat weivelde vernietig het en boere noodsaak om hul vee bykomend te voer. Droogtehulp Namibië doen ’n beroep op dringende skenkings om boere te help om hul diere te voer en hul lewensbestaan te beskerm. Die organisasie…
29 Oct 12AM 1 min

Stad Windhoek ontken begunstiging met sandmynpermitte

Die Stad Windhoek het bewerings van begunstiging met die toestaan van sandmynpermitte ontken en sê bedrywighede is gestaak omdat die betrokke ondernemings nie oor die vereiste wetlike en omgewingsgoedkeurings beskik het nie. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê permitte is beskikbaar vir enigiemand wat aan die vereiste standaarde voldoen. Die munisipaliteit verskaf…
29 Oct 12AM 1 min

IPC vra strenger vuurwapenbeheer om geslagsgeweld te voorkom

IPC-LP Lilian Lutuhezi sê Namibië moet vuurwapenlisensiëringsprosedures hersien om geslagsgebaseerde geweld en moord, veral tussen paartjies in intieme verhoudings, te help voorkom. Sy verwys na meer as 17 000 gevalle van geslagsgebaseerde geweld tussen 2020 en 2023 en stel strenger agtergrondkontroles, deurlopende risikobeoordelings en die tydelike verwydering van vuurwapens voor…
29 Oct 12AM 1 min

Nandi-Ndaitwah beklemtoon vrede en ekonomiese samewerking met Rusland

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê vrede, dialoog en ekonomiese samewerking moet die grondslag vorm vir ontwikkeling en beter lewensomstandighede vir gewone burgers. Sy het dié standpunt tydens ’n ontmoeting met die Russiese politikus Dmitri Medwedef in Moskou uitgespreek, voor die derde Rusland-Afrika-beraad. Sy het beklemtoon dat internasionale samewerking konkrete maatskaplike en…
29 Oct 12AM 1 min