#OntbytMetDoepieEnNina - Mario Cesare

Loading player...
Ons gesels vanoggend met Mario Cesare oor sy nuwe boek, Tracks in the Dust: A Game Ranger's Journey, wat sy mees persoonlike boek tot dusver is. Dit is die verhaal van 'n lewe wat in die bosveld gevorm is, van teen-stroperoperasies en reddingsaksies vir gewonde diere, tot die diep bande wat gevorm word met kollegas, diere en sy vertroude K9-maat, Saba.
14 Jul Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Brendan Peyper "ou Dae"

Brendan het kom kuier oor sy nuwe enkelsnit "Ou Dae". Dis 'n kyk terug na eenvoudiger tye en roep herinneringe op van alles van Mix-It chats, laatnag Coco Pops en DVD's voor die kaggel, tot eerste soene, garage bands en sorgvrye avonture.
18 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Johan Botha van Solidatiteit

Die Gautengse Onderwysdepartement het volgens Solidariteit erken dat hy nie meer sy statutêr verpligte subsidies aan skole kan betaal nie. Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het daarom Woensdag, 16 September 2026, die parlement gevra om die departement onder administrasie te plaas. Ons gesels met Johan Botha om meer uit…
17 Sep 8 min