Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika kan nie sy handelsmarkte, beleggings en ekonomiese groei volhoubaar herstel as plaaslike regering nie eers herstel word nie. Die party sê wanbestuur, wateronderbrekings, vervalle paaie en swak vullis-bestuur is van die kwessies wat munisipaliteite raak. Woordvoerder Jaco Mulder sê hulle moet terugkeer na die basiese…
Die Kunene-streek staar 'n verergerende droogtekrisis in die gesig, met kleinvee wat glo daagliks vrek. PDM Nasionale Raadslid Ueutjerevi Ngunaihe sê gemeenskappe in gebiede soos Epupa word toenemend kwesbaar, aangesien baie inwoners swaar op vee staatmaak vir hul lewensbestaan. Ngunaihe sê die Kantoor van die Eerste Minister is ingelig, maar…
Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê die doel van handels-onderhandelinge met Amerika was nog altyd om die beste ooreenkoms vir die Kanadese te beding, en nooit ʼn ooreenkoms ten alle koste of teen enige tydsraamwerk nie. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek van…
Die GOOD-party sê Kaapstad se behuisingskrisis is die gevolg van swak politieke keuses eerder as migrasie na die provinsie. Die party beskuldig die DA-geleide stad daarvan dat hulle nie genoeg bekostigbare behuising verskaf nie en ruimtelike ongelykheid laat voortduur. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die stad se behuisingsagterstand…
Die Motorbedryf-personeelvereniging vra gereelde gesondheidstoetse om voort te gaan indien rybewyse van vyf tot tien jaar verleng word. Die vereniging ondersteun die stap om burokrasie te verminder, maar voer aan motoriste moet steeds elke vyf jaar oogtoetse ondergaan om te verseker hulle bly geskik om te bestuur. Phakamile Hlubi-Majola van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.