Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê die doel van handels-onderhandelinge met Amerika was nog altyd om die beste ooreenkoms vir die Kanadese te beding, en nooit ʼn ooreenkoms ten alle koste of teen enige tydsraamwerk nie. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek van…
Die GOOD-party sê Kaapstad se behuisingskrisis is die gevolg van swak politieke keuses eerder as migrasie na die provinsie. Die party beskuldig die DA-geleide stad daarvan dat hulle nie genoeg bekostigbare behuising verskaf nie en ruimtelike ongelykheid laat voortduur. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die stad se behuisingsagterstand…
Die Motorbedryf-personeelvereniging vra gereelde gesondheidstoetse om voort te gaan indien rybewyse van vyf tot tien jaar verleng word. Die vereniging ondersteun die stap om burokrasie te verminder, maar voer aan motoriste moet steeds elke vyf jaar oogtoetse ondergaan om te verseker hulle bly geskik om te bestuur. Phakamile Hlubi-Majola van…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat die land sy verhouding met Suid-Afrika se Limpopo-provinsie wil versterk, en seker maak hul bestaande ooreenkomste loop uit op tasbare ekonomiese en maatskaplike voordele. Limpopo-premier Phophi Ramathuba het ʼn provinsiale hoëvlak-afvaardiging gestuur om deel te neem aan die 25ste jaarlikse Ongwediva-handelskou. Nandi-Ndaitwah sê die…
Die Universiteit van Namibië het sy toelatingsvereistes vir die Baccalaureus in Verpleegkunde en Verloskunde Honneursgraad opgedateer, wat van krag is vir die 2027 akademiese jaar. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê dat dit die kriteria in lyn bring met nuwe regulasies wat ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe van 2024 uitgevaardig is. Dit…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.