Tugprosesse teen 100 in Buffalo City

Loading player...
Die Oos-Kaapse regering sê tugprosesse is ingestel teen sowat 100 amptenare in Buffalo City oor onregmatige en ongemagtigde besteding. Die Nasionale Tesourie het 69 munisipaliteite in die land se Julie-befondsing weerhou. Dit sluit ses in die Oos-Kaap in: Buffalo City, Nelson Mandelabaai, Makana, Sondagsrivier-vallei, Inxuba Yethemba en Port St. Johns. Die provinsie se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zolile Williams, sê sonder die befondsing sal munisipaliteite soos Makana kontantvloei-probleme hê:
15 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nulane-korrupsiesaak uitgestel tot Januarie ná Appèlhof-beslissing

Die Nulane-korrupsiesaak is uitgestel tot 20 Januarie vir 'n voorverhoor in die Hooggeregshof in Bloemfontein. Dit volg nadat die Appèlhof beslis het die onskuldigbevinding van die beskuldigdes moet omgekeer word. Dit sluit die sakeman Iqbal Sharma in. Kaizer Kganyago van die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle word daarvan aangekla dat hulle…
28 Oct 11PM 1 min

Namibië en Zambië voltooi derde oorplasing van gevonniste oortreders

Namibië en Zambië het hul derde oorplasing van gevonnisde oortreders afgehandel, met ses Zambiese burgers wat by die Katima Mulilo-grenspos uit Namibië na Zambië oorgeplaas is. Dit bring die totale aantal oortreders wat ingevolge die bilaterale ooreenkoms tussen die twee lande sedert Maart 2012 oorgeplaas is op 46 te staan…
28 Oct 11PM 1 min

Suliman Carrim kry R100 000 borgtog

Die Pretoriase landdroshof het borgtog van 100 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan aan die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, wat beskuldig word van minagting omdat hy nie voor die Madlanga-kommissie verskyn het nie. Hy is onlangs aangekeer toe hy na Dubai wou vlieg. Landdros Marc Curlewis sê die staat het versuim…
28 Oct 11AM 1 min

SUN verwelkom langer internskappe, hoër toelaes

Die Studente-unie van Namibië het die regering se besluit verwelkom om internskappe tot ses maande te verleng en maandelikse toelaes te verhoog. In teenstelling met Nanso se kritiek oor 'n gebrek aan vaardighede-oordrag, sê die unie se voorsitter, Benhard Kavau, dat die kombinasie van die toelaag met NSFAF-befondsing interns tot…
28 Oct 11AM 1 min