Hegseth soek hoë vlakke van testosteroon in soldate

Loading player...
Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê alle soldate van 30 jaar en ouer se testosteroonvlakke sal jaarliks getoets word. Dit volg ná onlangse pogings deur president Donald Trump se administrasie om testosteroon-terapie toegankliker te maak. Soldate van jonger as 30 kan versoek om getoets te word. Hegseth sê die projek het ten doel om 'n tekort aan testosteroon te identifiseer en te behandel, aangesien dit militêre gereedheid kan beïnvloed:
16 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Dis op my' - Rassie

Die 39-jarige veelsydige voorspeler Deon Fourie kan Saterdag sy 14de toets vir Suid-Afrika speel nadat hy op die bank ingesluit is vir die wedstryd teen die All Blacks in Kaapstad. Hy het sy internasionale debuut in 2022 gemaak en by die volgende jaar se Wêreldbeker sy 13de toets gespeel. Kaptein…
25 Aug 12AM 1 min

Roumelk-produksie styg maar bedryf bly onveranderd

Roumelk-produksie het maand-tot-maand met 9,84 persent gestyg, van 1,36 miljoen liter in Junie tot 1,49 miljoen liter in Julie. Dit was die derde agtereenvolgende maandelikse toename sedert Mei. Dortea Nakandjibi, 'n navorsing- en ontwikkeling-statistikus by die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad, sê ten spyte van die onlangse verbetering bly binnelandse melkproduksie onder…
25 Aug 12AM 1 min

Helde-retoriek word oorskadu deur Lubango en Swapo se eie marteling

Politieke ontleder Henning Melber waarsku dat Namibië se geskiedenis onvolledig bly as gevolg van voortdurende stilte oor menseregteskendings in ballingskap. Dit kom te midde van oproepe om die oorskot van Namibiërs wat in Swapo-kampe in Lubango gesterf het te repatrieer. Melber voer aan dat nasionale versoening vereis dat alle slagoffers…
25 Aug 12AM 1 min

Bessent dreig Iran, sonder besonderhede

Die Amerikaanse finansminister, Scott Bessent, het nuwe sanksies teen Teheran en sy helpers aangekondig, en sê president Donald Trump vra Amerikaanse bondgenote om daarby aan te sluit. Bessent sê dat hulle 'n ekonomiese aanslag teen Iran se finansiële verbintenisse dwarsoor die wêreld loods. Hy sê die doelwit is om elke…
24 Aug 11PM 1 min

Landbou geteister met slenters, nuutste oor 'n tender

Die landbouministerie waarsku die publiek oor 'n vals tenderuitnodiging wat op sosiale media gedeel word. Volgens woordvoerder Romeo Muyunda is hulle bewus van die bedrieglike plasing wat die publiek mislei met onakkurate en misleidende inligting onder die ministerie se naam. Muyunda doen 'n beroep op die publiek om nie ongeverifieerde…
24 Aug 11PM 1 min