Namibië, SA sluit sewe ooreenkomste

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië moet hul samewerking versterk om ekonomiese groei en gedeelde ontwikkeling te bevorder. Hy en die Namibiese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, was medevoorsitters van die vierde bi-nasionale kommissie in Pretoria. Suid-Afrika en Namibië het hul bilaterale betrekkinge versterk deur sewe ooreenkomste te onderteken, wat indiensneming en arbeid, kapasiteitsbou in openbare administrasie, bilaterale lugdienste, regsamewerking, korrektiewe dienste, geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue dek, asook 'n ekonomiese vennootskap tussen die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid en die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid.
18 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bessent dreig Iran, sonder besonderhede

Die Amerikaanse finansminister, Scott Bessent, het nuwe sanksies teen Teheran en sy helpers aangekondig, en sê president Donald Trump vra Amerikaanse bondgenote om daarby aan te sluit. Bessent sê dat hulle 'n ekonomiese aanslag teen Iran se finansiële verbintenisse dwarsoor die wêreld loods. Hy sê die doelwit is om elke…
24 Aug 11PM 1 min

Landbou geteister met slenters, nuutste oor 'n tender

Die landbouministerie waarsku die publiek oor 'n vals tenderuitnodiging wat op sosiale media gedeel word. Volgens woordvoerder Romeo Muyunda is hulle bewus van die bedrieglike plasing wat die publiek mislei met onakkurate en misleidende inligting onder die ministerie se naam. Muyunda doen 'n beroep op die publiek om nie ongeverifieerde…
24 Aug 11PM 1 min

Richie Mo’unga is terug vir All Blacks

Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u…
24 Aug 11AM 1 min

Hou in hemelsnaam by verkeersreëls: NamPol

Die bevelvoerder van NamPol se verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz, het motoriste aangespoor om padreëls streng te gehoorsaam na 'n botsing van voor op die B1-pad suid van Otjiwarongo. Die ongeluk het plaasgevind toe 'n sedanbestuurder probeer het om oor 'n soliede wit streep verby te steek en 'n aankomende bakkie…
24 Aug 11AM 1 min