Die RMB BBU is 'n metafoor vir die lewe

Loading player...
Die vyfde jaarlikse RMB Brandberg Backyard Ultra het ten einde geloop ná 'n suksesvolle naweek by die Brandberg-ruskamp op Uis. André Ross het weer gewen en sodoende vir die vyfde keer die eerste plek behou. Die uithouwedloop het deelnemers uitgedaag om elke uur 'n roete van 6,706 kilometer te voltooi totdat slegs een hardloper oorbly. Deelnemers het 'n dagroete met 'n hoogteverskil van 81 meter aangedurf voordat hulle oorgeskakel het na 'n platter nagroete met 'n hoogteverskil van 64 meter. Angelique Peake van die geleentheid se hoofborg, RMB Namibia, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
20 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Richie Mo’unga is terug vir All Blacks

Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u…
24 Aug 11AM 1 min

Hou in hemelsnaam by verkeersreëls: NamPol

Die bevelvoerder van NamPol se verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz, het motoriste aangespoor om padreëls streng te gehoorsaam na 'n botsing van voor op die B1-pad suid van Otjiwarongo. Die ongeluk het plaasgevind toe 'n sedanbestuurder probeer het om oor 'n soliede wit streep verby te steek en 'n aankomende bakkie…
24 Aug 11AM 1 min

Leon Schuster vertel van seer oor toekenning-kritiek

Komediant Leon Schuster het sy aanvaarding van 'n Lewensprestasie-toekenning by die Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings in Sun City verdedig na skerp openbare kritiek. Schuster, wat saam met Alfred Ntombela vereer is, sê hy is seergemaak en beklemtoon dat sy films gebou is op dekades se steun van diverse aanhangers reg…
24 Aug 10AM 1 min