SA vier beslaglegging op R326 miljoen se korrupsie-bates

Loading player...
Gesondheidminister Aaron Motsoaledi verwelkom die finale Hooggeregshof-bevel aan die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid vir permanente beslaglegging op bates van 326-miljoen Suid-Afrikaanse rand van die korrupsie-beskuldigde sakeman, Hangwani Maumela. Dit hou verband met tenderbedrog by die Tembisa-hospitaal en die sluipmoord op die verklikker Babita Deokaran. Woordvoerder Foster Mohale sê dis net die begin van die proses om beslag te lê op die bates van almal wat by die plundering betrokke was:
21 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Richie Mo’unga is terug vir All Blacks

Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u…
24 Aug 11AM 1 min

Hou in hemelsnaam by verkeersreëls: NamPol

Die bevelvoerder van NamPol se verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz, het motoriste aangespoor om padreëls streng te gehoorsaam na 'n botsing van voor op die B1-pad suid van Otjiwarongo. Die ongeluk het plaasgevind toe 'n sedanbestuurder probeer het om oor 'n soliede wit streep verby te steek en 'n aankomende bakkie…
24 Aug 11AM 1 min

Leon Schuster vertel van seer oor toekenning-kritiek

Komediant Leon Schuster het sy aanvaarding van 'n Lewensprestasie-toekenning by die Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings in Sun City verdedig na skerp openbare kritiek. Schuster, wat saam met Alfred Ntombela vereer is, sê hy is seergemaak en beklemtoon dat sy films gebou is op dekades se steun van diverse aanhangers reg…
24 Aug 10AM 1 min