Iran-oorlog is duur, Hegseth vra vir nog geld

Loading player...
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê Amerika en Israel se oorlog teen Iran kos tot dusver sowat 615 miljard Namibiese dollar. Dit sluit uitgawes in soos etes vir soldate, en is meer as die vorige raming van byna 476,98 miljard dollar in middel-Mei. Minstens 17 soldate is sedert Februarie in Iran dood en byna 100 is beseer. Hegseth het aan die Senaat se Begrotingskomitee gesê die jongste befondsingsversoek vir sy departement is dringend en noodsaaklik:
22 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Richie Mo’unga is terug vir All Blacks

Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u…
24 Aug 11AM 1 min

Hou in hemelsnaam by verkeersreëls: NamPol

Die bevelvoerder van NamPol se verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz, het motoriste aangespoor om padreëls streng te gehoorsaam na 'n botsing van voor op die B1-pad suid van Otjiwarongo. Die ongeluk het plaasgevind toe 'n sedanbestuurder probeer het om oor 'n soliede wit streep verby te steek en 'n aankomende bakkie…
24 Aug 11AM 1 min

Leon Schuster vertel van seer oor toekenning-kritiek

Komediant Leon Schuster het sy aanvaarding van 'n Lewensprestasie-toekenning by die Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings in Sun City verdedig na skerp openbare kritiek. Schuster, wat saam met Alfred Ntombela vereer is, sê hy is seergemaak en beklemtoon dat sy films gebou is op dekades se steun van diverse aanhangers reg…
24 Aug 10AM 1 min