Pule maak beloftes sonder besonderhede - DA

Loading player...
Die DA sê die pas aangestelde minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, se eerste mediakonferensie het min besonderhede maar baie beloftes bevat. Die minister sê die regering gaan meer as 350 000 maatskaplike toelaes hersien om die integriteit van die stelsel vir maatskaplike bystand te beskerm en sowat 1,5-miljard Suid-Afrikaanse rand vir die staatskas te bespaar. Nazley Sharif van die DA sê Pule het min gedoen om Suid-Afrikaners te oortuig dat sy ʼn werkbare plan het om haar departement of Sassa reg te ruk:
22 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Richie Mo’unga is terug vir All Blacks

Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u…
24 Aug 11AM 1 min

Hou in hemelsnaam by verkeersreëls: NamPol

Die bevelvoerder van NamPol se verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz, het motoriste aangespoor om padreëls streng te gehoorsaam na 'n botsing van voor op die B1-pad suid van Otjiwarongo. Die ongeluk het plaasgevind toe 'n sedanbestuurder probeer het om oor 'n soliede wit streep verby te steek en 'n aankomende bakkie…
24 Aug 11AM 1 min

Leon Schuster vertel van seer oor toekenning-kritiek

Komediant Leon Schuster het sy aanvaarding van 'n Lewensprestasie-toekenning by die Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings in Sun City verdedig na skerp openbare kritiek. Schuster, wat saam met Alfred Ntombela vereer is, sê hy is seergemaak en beklemtoon dat sy films gebou is op dekades se steun van diverse aanhangers reg…
24 Aug 10AM 1 min