Kus tot kruin | Wanneer ontwikkeling en bewaring mekaar ontmoet 🌿 16 Julie 2026

Loading player...
🌿Het jy die gesprek op Kus tot Kruin gemis?
Corné Brink gesels met Fred oor die uitdagende, maar noodsaaklike taak om endemiese plante tydens eiendomsontwikkelings op die Tuinroete op te spoor en te red. 🌱
Ons kyk ook na:
🌿 Wat 'n ware eko-ontwikkeling behels.
🌿 Waarom die term "ECO" so dikwels misbruik word.
🌿 Waarom die beskerming van endemiese plante noodsaaklik is vir die behoud van ons kosbare biodiversiteit.
'n Gesprek wat wys dat verantwoordelike ontwikkeling en natuurbewaring hand aan hand kan stap wanneer die regte besluite geneem word. 🌍💚
🎧 Luister weer na hierdie insiggewende gesprek op SFM Streek RADIO se platforms en bly op hoogte van die omgewingsake wat ons almal raak.
#KusTotKruin #SFMStreekRadio #Bewaring #Biodiversiteit #EndemiesePlante #EcoOntwikkeling #Tuinroete #Omgewing
23 Jul Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

Kus tot kruin - 🌿 bewaring begin waar ons woon 01 Oktober 2026

🌿Fred gesels vandag oor die voorreg én voordele daarvan om in ’n bewaringsgebied te woon en deel te wees van die beskerming van ons natuurlike erfenis. 📸 Ons kyk na ’n inwoner van Danabaai wat daarin geslaag het om tientalle verskillende diere wat in die gebied voorkom, op kamera vas…
1 Oct 16 min

Kus tot kruin 🌊 van strandskoonmaak tot haaiswem – 24 September 2026

Fred het vanoggend op Kus tot Kruin gesels oor interessante gebeure uit ons omgewing en verder! 🧹 ’n Oorsig van verlede week se strandskoonmaakprojekte. 🦈 Kane Johnstone se haaiswem van Danabaai tot by Die Punt. 🦌 Die redding van ’n beseerde bokkie langs die pad. 🌍 En ’n bietjie internasionale…
24 Sep 15 min