Die Wes-Kaapse regering sê herstelwerk aan beskadigde paaie tussen Klawer en Vredendal is afgehandel. Die werk maak deel uit van 'n projek van 89-miljoen-rand om paaie en brûe te herstel wat in Mei deur vloedwater beskadig is. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê werk duur voort aan twee brûe…
Die Stad Windhoek se ontwikkelingspogings is onder die loep in die parlement, midde kommer oor die swak ontwikkeling van openbare parke. Dit kom terwyl die Staande Komitee oor Ekonomie en Nywerheid, Openbare Administrasie en Beplanning ingelig word oor die munisipaliteit se inisiatiewe vir ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling. Komiteelid Sharonice Busch…
Die Bank van Namibië het die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent verhoog. Die besluit kom te midde van swak binnelandse ekonomiese aktiwiteit, toenemende inflasiedruk, ’n groeiende handelstekort en die risiko’s wat bek-en-klouseer vir die ekonomie inhou. Die sentrale bank se president, Ebson Uanguta, verduidelik die redes agter die…
Die Padverkeerbestuurskorporasie in Suid Afrika doen 'n beroep op motoriste om vir die feestyd voor te berei deur te verseker dat hul voertuie padwaardig is en alle lisensies geldig is. Meer as 2,2-miljoen voertuiglisensieskyfies verval in November en Desember, waarvan Gauteng die grootste deel verteenwoordig met meer as 851-duisend lisensies…
Die oorlaai van voertuie bly ’n probleem op Windhoek se paaie. Tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch-aflewering het die polisie ’n oorlaaide bakkie afgetrek, terwyl ’n ander motoris op die vlug geslaan het. Francois Lottering doen verslag.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.