Amper 73 000 onwettige migrante in 2 weke uit SA gerepatrieer

Loading player...
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering het beduidende vordering gemaak met die verwerking van ongedokumenteerde buitelandse burgers sedert die migrasieprobleme in Junie toegeneem het. Die Grensbestuursowerheid het tussen 7 Junie en 14 Julie 72 906 repatriasies by alle grensposte verwerk. Die meerderheid van die burgers wat by die Musina Tydelike Repatriasieverwerkingsentrum hanteer is, was Malawiese burgers, gevolg deur Zimbabwiese en Mosambiekse burgers. Kubayi sê die instelling van die Vyfpuntplan oor Migrasiebestuur lewer steeds resultate:
27 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Richie Mo’unga is terug vir All Blacks

Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u…
24 Aug 11AM 1 min

Hou in hemelsnaam by verkeersreëls: NamPol

Die bevelvoerder van NamPol se verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz, het motoriste aangespoor om padreëls streng te gehoorsaam na 'n botsing van voor op die B1-pad suid van Otjiwarongo. Die ongeluk het plaasgevind toe 'n sedanbestuurder probeer het om oor 'n soliede wit streep verby te steek en 'n aankomende bakkie…
24 Aug 11AM 1 min

Leon Schuster vertel van seer oor toekenning-kritiek

Komediant Leon Schuster het sy aanvaarding van 'n Lewensprestasie-toekenning by die Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings in Sun City verdedig na skerp openbare kritiek. Schuster, wat saam met Alfred Ntombela vereer is, sê hy is seergemaak en beklemtoon dat sy films gebou is op dekades se steun van diverse aanhangers reg…
24 Aug 10AM 1 min