'Ek het nie rede gehad om inligting te betwyfel', sê Johnson

Loading player...
Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy het geen rede gehad om inligting te betwyfel toe sy die ondersoek na senior polisie-amptenare gemagtig het nie. Dit sluit in die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, wat beskuldig word van bedrog en korrupsie met die aanstelling van brigadier Dineo Mokwele in 'n senior uitvoerende posisie. Johnson het weens hierdie oorsig haar bedanking aangebied, wat vandag aanvaar is. Sy sê ook ondersoekers kan moontlik ongemagtigde ondersoeke uitvoer:
27 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA motoriste gevra om voertuie vir feestyd gereed te kry

Die Padverkeerbestuurskorporasie in Suid Afrika doen 'n beroep op motoriste om vir die feestyd voor te berei deur te verseker dat hul voertuie padwaardig is en alle lisensies geldig is. Meer as 2,2-miljoen voertuiglisensieskyfies verval in November en Desember, waarvan Gauteng die grootste deel verteenwoordig met meer as 851-duisend lisensies…
28 Oct 4AM 1 min

Oorlaai van voertuie bly ’n probleem op Windhoek se paaie

Die oorlaai van voertuie bly ’n probleem op Windhoek se paaie. Tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch-aflewering het die polisie ’n oorlaaide bakkie afgetrek, terwyl ’n ander motoris op die vlug geslaan het. Francois Lottering doen verslag.
28 Oct 4AM 1 min

SALGA spoor kiesers aan om verantwoordbare plaaslike leiers te kies

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering doen 'n beroep op geregistreerde kiesers om tydens die komende plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November etiese, bekwame en verantwoordbare leiers te kies. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê kiesers het 'n belangrike rol om te speel in die verbetering van dienslewering en om munisipaliteite…
28 Oct 3AM 1 min

Agra behaal rekordresultate met inkomste van N$3,14 miljard

Die landboudienstegroep Agra Beperk het rekord-finansiële resultate vir sy 2025/2026-boekjaar aangekondig, gedryf deur goeie reën, besigheidsdiversifikasie en uitbreiding in die kleinhandelsektor. Inkomste het met 11,7 persent tot 3,14 miljard Namibiese dollar gestyg, terwyl wins ná belasting met 26,1 persent tot 145,3 miljoen dollar toegeneem het. Die hoof finansiële beampte, Philip…
28 Oct 3AM 1 min

SA Polisie verwelkom nuwe adviesraad om polisiehervormings te rig

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter…
28 Oct 2AM 1 min