SA en Nigerië gesels oor migrante, en misdaad

Loading player...
Suid-Afrika en Nigerië het ooreengekom om samewerking ten opsigte van migrasie, misdaad en streeksveiligheid te versterk. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het met die Nigeriese president, Bola Tinubu, vergader tydens 'n diplomatieke sending na Abuja namens president Cyril Ramaphosa. Sy woordvoerder, Chrispin Phiri, sê kommer is uitgespreek oor die betrokkenheid van sekere buitelanders, insluitend Nigeriese burgers, by georganiseerde misdaad, onwettige dwelmhandel en finansiële bedrog:
28 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Richie Mo’unga is terug vir All Blacks

Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u…
24 Aug 11AM 1 min

Hou in hemelsnaam by verkeersreëls: NamPol

Die bevelvoerder van NamPol se verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz, het motoriste aangespoor om padreëls streng te gehoorsaam na 'n botsing van voor op die B1-pad suid van Otjiwarongo. Die ongeluk het plaasgevind toe 'n sedanbestuurder probeer het om oor 'n soliede wit streep verby te steek en 'n aankomende bakkie…
24 Aug 11AM 1 min

Leon Schuster vertel van seer oor toekenning-kritiek

Komediant Leon Schuster het sy aanvaarding van 'n Lewensprestasie-toekenning by die Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings in Sun City verdedig na skerp openbare kritiek. Schuster, wat saam met Alfred Ntombela vereer is, sê hy is seergemaak en beklemtoon dat sy films gebou is op dekades se steun van diverse aanhangers reg…
24 Aug 10AM 1 min