Dinge raak al hoe meer gevaarlik vir burgerlikes in Oekraïne

Loading player...
Meer as 170 burgerlikes is volgens berigte sedert 9 Julie in Oekraïne dood en 1 028 beseer te midde van verskerpte Russiese aanvalle. Minstens 16 431 burgerlikes is in Oekraïne dood sedert Moskou die oorlog in Februarie 2022 begin het. Dit sluit 803 kinders in. Indrika Ratwatte van die Verenigde Nasies sê die voortgesette vyandelikhede in Oekraïne veroorsaak toenemende gevare vir burgerlikes, beskadig noodsaaklike infrastruktuur en bedreig selfs wêreldwye voedsel- en energiesekerheid:
28 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Polisie verwelkom nuwe adviesraad om polisiehervormings te rig

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter…
28 Oct 2AM 1 min

China-Afrika-bande al hoe belangriker namate wêreldhandel verander

Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê betrekkinge tussen China en Afrika word al hoe belangriker namate wêreldwye handelsdinamika verander. Dit kom terwyl ’n simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek begin het. Die simposium fokus op China se nul-tariefbeleid vir Afrikalande en die moontlike implikasies daarvan vir handel en ekonomiese…
28 Oct 2AM 1 min

Kantema: Digitale stelsels moet maatskaplike dienste verbeter en bedrog beperk

Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die ministerie is besig om maatskaplike beskermingsdienste te moderniseer deur digitale stelsels in te stel om dienslewering te verbeter. Sy het tydens die begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering gesê die hervormings sluit die digitalisering van mediese verslae vir ongeskiktheidstoelaes en…
28 Oct 1AM 1 min

Eerste Namibiese atlete vertrek na Olimpiese Jeugspele in Dakar

Die eerste Namibiese atlete wat aan vanjaar se Olimpiese Jeugspele in Dakar, die hoofstad van Senegal, gaan deelneem, vertrek reeds vandag. Die Spele begin Saterdag 31 Oktober en duur tot 13 November. Dit is die eerste keer dat ’n Olimpiese sportbyeenkoms op die Afrika-kontinent aangebied word. Ongeveer 2 700 jong…
28 Oct 12AM 1 min

Hardapdam se waterverbruik bly hoog te midde van hitte en rekord-koringoes

Watergebruik uit die Hardapdam het vir die tweede agtereenvolgende week 2,8 miljoen kubieke meter oorskry, aansienlik hoër as normaal, om die Hardap-groenskema te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels, wat sê die water gaan aan afronding van 'n verwagte rekord-koringoes, en dit…
28 Oct 12AM 1 min