Bibi sê hy en Trump het dieselfde doelwitte

Loading player...
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump van Amerika as “een van die beste gesprekke” wat hulle nog gehad het. Die twee leiers het agter geslote deure by die Withuis vergader, die eerste keer sedert die gesamentlike oorlog teen Iran begin het. Die Withuis sê die ontmoeting was positief en produktief. Netanyahu het aan Fox News gesê sy verhouding met Trump is sterk, en bygevoeg hulle het ʼn gemeenskaplike doelwit teen Iran:
29 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Richie Mo’unga is terug vir All Blacks

Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u…
24 Aug 11AM 1 min

Hou in hemelsnaam by verkeersreëls: NamPol

Die bevelvoerder van NamPol se verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz, het motoriste aangespoor om padreëls streng te gehoorsaam na 'n botsing van voor op die B1-pad suid van Otjiwarongo. Die ongeluk het plaasgevind toe 'n sedanbestuurder probeer het om oor 'n soliede wit streep verby te steek en 'n aankomende bakkie…
24 Aug 11AM 1 min

Leon Schuster vertel van seer oor toekenning-kritiek

Komediant Leon Schuster het sy aanvaarding van 'n Lewensprestasie-toekenning by die Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings in Sun City verdedig na skerp openbare kritiek. Schuster, wat saam met Alfred Ntombela vereer is, sê hy is seergemaak en beklemtoon dat sy films gebou is op dekades se steun van diverse aanhangers reg…
24 Aug 10AM 1 min

Huldig helde met geleenthede vir jeug

Onderwysminister Sanet Steenkamp sê dat die eerbiediging van Namibië se bevrydingstryd moet lei tot aktiewe burgerlike verantwoordelikheid. Steenkamp het die noodsaaklike skakel tussen die bewaring van erfenis en die uitbreiding van geleenthede vir toekomstige geslagte uitgelig en sê dat die grootste huldeblyk aan die nasie se helde die beskerming van…
24 Aug 10AM 1 min