Kasi Vibe-fees begin môre, met sport

Loading player...
Die MTC Kasi Vibe-fees sal van 31 Julie tot 2 Augustus na die Brakwater-ontspanningspark terugkeer met 'n uitgebreide program. Vir die eerste keer sal mededingende sportgeleenthede ook ingesluit wees, benewens die musiek- en vermaaklikheidsprogram. Die geleentheid se organiseerder, Salmi Shigwedha, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die fees 'n platform is wat ook sake, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid bevorder.
30 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nieu-Seeland PM soek sosiale media-verbod op onder-16s

Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, gaan 'n nuwe wetsontwerp in die parlement indien wat voorstel dat onder-16s verbied word op sosiale mediaplatforms. Wetsontwerpe moet drie stemrondes slaag voor dit bekragtig kan word. Australië het verlede jaar die eerste land geword om toegang tot sosiale media vir onder-16s te verbied…
24 Aug 9AM 1 min

Tsumeb bied ook moontlike skuldafskrywings aan

Die Tsumeb Munisipaliteit nooi pensioenarisse, persone met gestremdhede, behoeftige huiseienaars en verteenwoordigers van onafgehandelde boedels om te registreer vir 'n moontlike skuldafskrywing. Munisipale woordvoerder Stella Imalwa waarsku dat die indien van aansoeke nie outomaties skuldverligting waarborg nie, aangesien alle voorleggings onderhewig bly aan ministeriële vereistes, administratiewe hersienings en finale konsultasies…
24 Aug 9AM 1 min

Binnegevegte, kandidatelys 'kan ANC knou'

Die politieke ontleder Ongama Mtimka vergelyk die ANC se huidige posisie met dié van ʼn sportafrigter met ʼn uitstekende wedstryd-plan, maar sonder die organiserings-vermoë om dit uit te voer. Die party se verkiesingsmanifes bevat ses belangrike voorkeur-gebiede gemik op die herstel van openbare vertroue, insluitend aandag aan dienslewerings-probleme. Mtimka het…
24 Aug 8AM 1 min

Amushelelo soek aksie oor NamPol-bevorderings

Aktivis Michael Amushelelo dreig met optrede oor beweerde sistemiese nepotisme en korrupsie in die Namibiese polisie se bevorderingsproses. Amushelelo beweer dat hy talle klagtes van beamptes in verskeie streke ontvang het wat beweer dat streeksbevelvoerders toegewyde, hardwerkende personeel oorsien ten gunste van individue uit hul eie sosiale kringe, dorpe of…
24 Aug 8AM 1 min

Die haas waarmee Harry en Meghan trek verbaas

Kommentaar word steeds ontvang op die nuus dat prins Harry en Meghan Markle terugtrek na Londen. Daar is reeds gerugte dat Markle weer terugkeer na haar werk as aktrise maar, die egpaar is doodstil daaroor. Intussen het die bekende koninklike biograaf Andrew Morton ook kommentaar gelewer oor die uiters hoë…
24 Aug 6AM 1 min