Kommer oor moontlike streeksoorlog in Midde-Ooste

Loading player...
Die konflik in die Midde-Ooste is besig om uit te brei en kan in 'n streeksoorlog verander, volgens verskeie internasionale ontleders. Dit kom na Amerika en Saoedi-Arabië saam Iran-gesteunde milisies in Irak aangeval het, nadat twee dae se hommeltuigaanvalle uit Irak ru-olie fasiliteite in Saoedi-Arabië geteiken het. Iran het ook Donderdag Amerikaanse fasiliteite in Jordanië aangeval. Die direkteur van die Irak-fasiliteit by Chatham House in Londen, Renad Mansour, het met CNN gepraat en sê die streek word al meer onstabiel.
30 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA eis geregtigheid ná koukusleier in Vrystaat doodgeskiet word

Die DA eis geregtigheid ná die noodlottige skietvoorval waarin sy koukusleier in Metsimaholo, Thulani Mbana, Maandagaand in die Vrystaat doodgeskiet is slegs 'n week voor die plaaslike regerings-verkiesing. Mbana was ook 'n raadslid en het voorheen as lid van die burgemeesterskomitee vir Ruimtelike Beplanning en Menslike Nedersettings gedien. Die provinsiale…
27 Oct 11PM 1 min

Nuwe pad tussen Lüderitz en Walvisbaai kan ekonomie ontsluit

Logistieke-kenner John Saunderson sê die verbinding tussen Lüderitz en Walvisbaai deur 'n voorgestelde nuwe teerpad gaan nie net oor die verbetering van vervoer nie, maar ook oor die ontsluiting van die suidelike streke se ekonomiese potensiaal. Met vragvolumes wat toeneem en Lüderitz wat homself vir die olie- en gasbedryf posisioneer,…
27 Oct 11PM 1 min

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min