
Toerisme verwelkom kabinet se groenlig oor omgewingsbeskerming
Loading player...
Die toerisme- en bewaringssektor spreek hul opgewondenheid uit oor die kabinet se goedkeuring van 'n nuwe beleid wat prospektering en mynbou in beskermde en omgewingsensitiewe gebiede reguleer. Bedryfsrolspelers sê die stap kom op 'n kritieke tydstip namate mineraaleksplorasie oor Namibië versnel. Kosmos 94.1 Nuus het met Ultimate Safaris se direkteur, Tristan Cowley gepraat, wat sê die beleid bied broodnodige leiding om ekonomiese groei met bewaring te balanseer.

