Toenemende mensehandel kwel AG

Loading player...
Die Kantoor van die Aanklaer-generaal het kommer uitgespreek oor die toenemende aantal mensehandelsake in die land, na beduidende stygings in verskeie streke. Tydens die Wêrelddag teen Mensehandel-herdenking in Ongwediva het die Aanklaer-generaal se Kantooramptenaar, Martha Nghiyonanye, gesê dat aangemelde sake in Oshakati van drie in 2024/2025 tot 10 in 2025/2026 gestyg het, terwyl Ondangwa 'n toename van een tot drie sake aangeteken het. Die Zambezi-streek het ook as 'n brandpunt na vore gekom, met 10 aangemelde sake.
2 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dringende debat oor Nsfas nodig, sê parlementêre komitee

Die Parlementêre Gekose Komitee oor Onderwys, Wetenskappe en Kreatiewe Nywerhede sê die kwessie rondom bestuursuitdagings en verbeterde prestasie by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vereis 'n ernstige debat. Dit volg na bewerings dat die onlangs aangestelde Nsfas-administrateur Hlengani Mathebula 'n luukse leefstyl op Nsfas se rekening handhaaf terwyl probleme…
2 Aug 3AM 1 min

ANC sal lui raadslede uitskop, beloof Cyril

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party sal burgemeesters en raadslede herroep wat nie daarin slaag om dienste te lewer en mense goed te dien nie. Dit volg midde die land se voorbereiding vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing in November. Ramaphosa het gepraat tydens ANC-kieserregistrasie en gemeenskapsmobilisering in…
2 Aug 2AM 1 min

245 besighede sneuwel in SA in tweede kwartaal

Die Algemene Nywerheidswerkersvakbond van Suid-Afrika eis die staatsgeleide herindustrialisering van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Statistiek Suid-Afrika het aangekondig dat 245 besighede in die tweede kwartaal van hierdie jaar gesluit het. Giwusa-president Mametlwe Sebei sê die syfers verteenwoordig 'n direkte en verwoestende aanval op die lewensbestaan van die werkersklas. Hy sê die…
2 Aug 1AM 1 min

Kameelperde kry nuwe tuiste in Angola

Die Giraffe Conservation Foundation, in vennootskap met Angola se Nasionale Instituut vir Biodiversiteit en Bewaringsgebiede, het die afgelope week suksesvol kameelperde in Angola se Bicuar Nasionale Park hervestig as deel van 'n nasionale bewaringsinisiatief. Stephanie Fennessy, die stigting se uitvoerende direkteur, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê om genetiese diversiteit…
2 Aug 12AM 1 min

Toerisme verwelkom kabinet se groenlig oor omgewingsbeskerming

Die toerisme- en bewaringssektor spreek hul opgewondenheid uit oor die kabinet se goedkeuring van 'n nuwe beleid wat prospektering en mynbou in beskermde en omgewingsensitiewe gebiede reguleer. Bedryfsrolspelers sê die stap kom op 'n kritieke tydstip namate mineraaleksplorasie oor Namibië versnel. Kosmos 94.1 Nuus het met Ultimate Safaris se direkteur,…
1 Aug 6AM 1 min