DA se hofsaak teen onteiening skop vandag af

Loading player...
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party begin vandag met sy grondwetlike uitdaging van die Onteieningswet in die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Hy sê hulle is in die hof omdat die reg om eiendom te besit fundamenteel is vir vryheid, waardigheid en ekonomiese geleenthede. Hill-Lewis sê geen regering moet vae en omvattende magte kry om sonder vergoedng te vat wat aan Suid-Afrikaners behoort nie:
3 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die haas waarmee Harry en Meghan trek verbaas

Kommentaar word steeds ontvang op die nuus dat prins Harry en Meghan Markle terugtrek na Londen. Daar is reeds gerugte dat Markle weer terugkeer na haar werk as aktrise maar, die egpaar is doodstil daaroor. Intussen het die bekende koninklike biograaf Andrew Morton ook kommentaar gelewer oor die uiters hoë…
24 Aug 6AM 1 min

Cachalia eis geregtigheid vir Deokaran-moord

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê diegene wat die moord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran, gefinansier en daarby gebaat het, moet voor die gereg gebring word. Dit was gister vyf jaar sedert sy buite haar huis in Johannesburg doodgeskiet is nadat sy uitgebreide plundering by die Tembisa Hospitaal…
24 Aug 6AM 1 min

Haufiku waarsku oor anti-entstofretoriek

Voormalige gesondheidminister Bernard Haufiku spoor Namibiërs sterk aan om anti-entstofretoriek te verwerp, na aanleiding van die onlangse uitvoerende bevel van Amerikaanse president Donald Trump wat roetine-inentings vir kinders verander het. Haufiku het politieke pogings om kombinasie-inentings soos die MMR-entstof te ondermyn, van die hand gewys. Hy verwys na uitgebreide wetenskaplike…
24 Aug 6AM 1 min

Kommunale gebiede: Infrastruktuur, eiendomsregte moet verbeter

Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het die regering versoek om dringend infrastruktuurtekorte en eiendomsregte in gemeenskaplike boerderygebiede aan te spreek. Hy het staatsowerhede versoek om met sleutelkwessies in te gryp – insluitend die boor van boorgate, die uitreiking van huurpag en die prioritisering van aktiewe gemeenskapsboere…
24 Aug 6AM 1 min