Onteiening: Net die elite sal voordeel trek, sê AfriForum

Loading player...
AfriForum sê die instelling van die Onteieningswet in sy huidige vorm sal verreikende gevolge hê, daarom moet dit ongrondwetlik verklaar word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor na verwagting vandag ʼn aansoek aan om dele van die wet uit te daag. AfriForum, die DA en die Instituut vir Rasseverhoudinge eis dat sekere dele van die wetgewing geskrap word. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die enigste mense wat gaan baat by hierdie wetgewing, is ʼn klein politieke elite:
3 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die haas waarmee Harry en Meghan trek verbaas

Kommentaar word steeds ontvang op die nuus dat prins Harry en Meghan Markle terugtrek na Londen. Daar is reeds gerugte dat Markle weer terugkeer na haar werk as aktrise maar, die egpaar is doodstil daaroor. Intussen het die bekende koninklike biograaf Andrew Morton ook kommentaar gelewer oor die uiters hoë…
24 Aug 6AM 1 min

Cachalia eis geregtigheid vir Deokaran-moord

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê diegene wat die moord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran, gefinansier en daarby gebaat het, moet voor die gereg gebring word. Dit was gister vyf jaar sedert sy buite haar huis in Johannesburg doodgeskiet is nadat sy uitgebreide plundering by die Tembisa Hospitaal…
24 Aug 6AM 1 min

Haufiku waarsku oor anti-entstofretoriek

Voormalige gesondheidminister Bernard Haufiku spoor Namibiërs sterk aan om anti-entstofretoriek te verwerp, na aanleiding van die onlangse uitvoerende bevel van Amerikaanse president Donald Trump wat roetine-inentings vir kinders verander het. Haufiku het politieke pogings om kombinasie-inentings soos die MMR-entstof te ondermyn, van die hand gewys. Hy verwys na uitgebreide wetenskaplike…
24 Aug 6AM 1 min

Kommunale gebiede: Infrastruktuur, eiendomsregte moet verbeter

Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het die regering versoek om dringend infrastruktuurtekorte en eiendomsregte in gemeenskaplike boerderygebiede aan te spreek. Hy het staatsowerhede versoek om met sleutelkwessies in te gryp – insluitend die boor van boorgate, die uitreiking van huurpag en die prioritisering van aktiewe gemeenskapsboere…
24 Aug 6AM 1 min