Ahmedabad berei voor vir 2030 Statebondspele

Loading player...
Statebondspele: Ahmedabad in Indië wil voortbou op die werk wat Glasgow 2026 gedoen het terwyl hulle voorberei om 2030 se Spele aan te bied. Skotland het die byeenkoms die vierde keer aangebied nadat die Australiese staat Victoria onttrek het. Meer as drieduisend atlete van 74 lande het aan 215 medalje-items deelgeneem. Gujarat se adjunk-eerste minister, Harsh Sanghavi, sê hulle aanvaar met dankbaarheid die verantwoordelikheid om die Eeufeesspele aan te bied:
3 Aug 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min

Meer mense moet in pensioenfondse belê: verslag

Namibië het die hoogste telling van vier Afrika-lande in die jongste Mercer CFA Institute se Globale Pensioenindeks behaal, met 57,5 punte en ’n C-gradering. Die land is voor Botswana, Suid-Afrika en Kenia. Zandria Venter, hoof van groei by Alexforbes, sê hoewel Namibië ’n stewige grondslag het, beklemtoon die verslag die…
27 Oct 10AM 1 min

PDM-LP het vrae oor beleid-implementering

Die PDM-parlementslid Diederik Vries het in die parlement kennis gegee van vrae oor die regering se rekord in die implementering van beleid en die lewering van tasbare ontwikkelingsresultate aan Namibiërs. Vries sal die vrae volgende week aan die minister in die Presidensie, Charles Mubita, voorlê, midde kommer oor die voortdurende…
27 Oct 10AM 1 min