Katar sê bemiddeling in oorlog duur voort

Loading player...
Katar se ministerie van Buitelandse Sake sê pogings om 'n diplomatieke oplossing tussen die VSA en Iran te bereik duur voort, maar geen regstreekse onderhandelinge tussen die twee lande is geskeduleer nie. Daar was teenstrydige verklarings van beide Washington en Teheran oor die hervatting van gesprekke. Die ministerie se woordvoerder, Majed al-Ansari, sê bemiddelaars koördineer nou om onderhandelinge te bewerkstellig en konsepte van 'n moontlike ooreenkoms tussen beide lande uit te ruil. Hy sê 'n korttermynoplossing is om die weg te baan vir die hervatting van dialoog:
5 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu vol lof vir ANC-manifes

Die vakverbond Cosatu sê die ANC se 2026-manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing gaan oor werkers se behoeftes, van werkskepping tot alle munisipaliteite se verpligting om salarisse te betaal. Die party se manifes dek ses belangrike prioriteite, insluitend beter watervoorsiening, betroubare elektrisiteitsvoorsiening en die aanspreek van diensleweringsprobleme in gemeenskappe. Cosatu-woordvoerder Matthew…
24 Aug 3AM 1 min

Paaie-owerheid kry beheerstelsel vir land se paaie

Die Paaie-owerheid het 'n nuwe projekbeheerstelsel van 13 miljoen Namibiese dollar bekendgestel om die bestuur van die land se padnetwerk van 50 000 km te stroomlyn. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het beklemtoon dat die padnetwerk van 220 miljard Namibiese dollar 'n kritieke bate is wat gemeenskappe…
24 Aug 3AM 1 min

Amerikaner Clark vat BMW-kampioenskap

Die Amerikaner Wyndham Clark het na 'n stryd met sy landgenoot Patrick Cantlay en Rory McIlroy van Noord-Ierland die BMW-kampioenskap in Missouri met drie houe gewen vir sy derde oorwinning van die seisoen. Clark het die laaste dag met 'n voorsprong van vyf houe begin, maar dit is vinnig uitgewis…
24 Aug 3AM 1 min

Beloftes moet omsit in uitvoerbare infrastruktuurprojekte

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê munisipale infrastruktuur is noodsaaklik vir dienslewering en ekonomiese groei. Hy het in Kaapstad by die simposium vir volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Suid-Afrika gepraat. Die geleentheid wat tans plaasvind, bring uiteenlopende rolspelers byeen. Dit sluit in beleggers, finansiële instellings, beleidmakers, meningsvormers en…
24 Aug 3AM 1 min

Fils, 21ste gekeur, vat Cincinnati Ope

Arthur Fils van Frankryk het die grootste titel van sy loopbaan by die Cincinnati Ope opgeraap. Die 21ste gekeurde Fils het die Amerikaner, Frances Tiafoe, verslaan om met sy eerste ATP Meesters 1000-kroon te spog. Hy het tien plekke opgeskuif en is elfde op die wêreldranglys – die beste van…
24 Aug 2AM 1 min