Het julle dalk ook 'n 3de party in jul verhouding?

Loading player...
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor wie en wat alles as 'n 3de party kan indring op jou verhouding, en dit is nie noodwending 'n verneuk storie nie. Hoe jy dit hanteer as dit 'n probleem gaan raak gaan 'n groot impak hê op jou maat se reaksie, en die resultate na jul gesprek.
Madeleen verduidelik mooi hoe nes in 'n boerdery, moet die grond verwerk en voorberei word voordat jy kan plant. Net so is die manier hoe jy jou maat 'vra' eerder as 'sê' die voorbereiding wat nodig is wanneer jy so 'n probleem aanspreek.
Dit bly belangrik dat jy nie met jou maat praat asof jy die ouer en hy of sy die kind is nie. Julle is spanmaats, en jy is 'n 'witness' tot jou maat se lewe, en dit is iets wat jul saam moet uitwerk.
Dankbaarheid en erkenning moet ook dan nooit vergeet word wanneer die maat wel die moeite doen om veranderinge en verbeteringe aan te bring volgens jou versoek nie.
5 Aug Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Menopouse – ’n nuwe fase wat begrip en ondersteuning vra

Pulane Nel-Sekepe vra vir Madeleen Steenkamp om ons meer te vertel oor menopouse – ’n natuurlike, maar dikwels uitdagende fase waardeur baie vroue gaan. Hoewel sommige vroue min simptome ervaar en ander dit baie intens beleef, is een ding seker: hormoonveranderinge kan ’n groot invloed hê, nie net op ’n…
8 Sep 7 min

Openbare liefkosing: Wat is die regte hoeveelheid?

Pulane en Madeleen gesels oor openbare liefkosings, meer algemeen bekend as PDA (Public Display of Affection). Madeleen verduidelik dat daar nie noodwendig ’n reg of verkeerd is wanneer dit by openbare liefdesbetuigings kom nie. Elke paartjie moet eerder hul eie unieke middeweg vind wat vir hulle albei werk. Dit is…
8 Sep 6 min

Kan kommunikasie jou verhouding red?

Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, deel met ons die twee belangrikste boustene van ’n gesonde verhouding – intimiteit en kommunikasie. In hierdie gesprek verduidelik Madeleen hoe hierdie twee aspekte van kardinale belang is om ’n verhouding sterk te hou en hoe paartjies dit doelbewus…
7 Sep 12 min

Maak jou wit-leuntjie dalk seerder as die waarheid wat jy probeer wegsteek?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor die effek wat jok en wit leuentjies op ’n verhouding met jou lewensmaat kan hê. Madeleen deel ’n voorbeeld van ’n man wat ná vyf jaar uiteindelik eerlik teenoor sy vrou was oor ’n wit leuentjie. Sy was briesend – nie noodwendig oor…
3 Sep 10 min

Seer met intimiteit... is dit normaal of nie?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor 'n ongemaklike, maar belangrike onderwerp. Baie jong paartjies wat hulself vir die huwelik gespaar het, beleef 'n moeilike en hartseer wittebrood omdat daar fisiese, mediese en selfs sielkundige redes kan wees waarom intimiteit só pynlik is dat dit byna…
4 Aug 9 min