🌿 KUS TOT KRUIN | BOU AAN VEERKRAGTIGE LANDSKAPPE 🌿06 Agustus 2026

Loading player...
Klimaatsverandering, veldbrande en vloede raak ons almal – maar hoe berei ons onsself en ons omgewing beter voor vir die uitdagings wat voorlê?
🎙️ In hierdie week se Kus tot Kruin gesels Fred met Yolande van Rooyen van Gourikwa oor die Resilient Landscapes Forum, wat op 18 en 19 Augustus plaasvind.
🌱 Ons bespreek:
🔥 Die impak van veldbrande op ons landskappe.
🌧️ Hoe vloede en veranderende klimaatspatrone ons omgewing beïnvloed.
🌍 Waarom vooruitbeplanning noodsaaklik is om die impak op ons landskappe én ons eie lewens te beperk.
🤝 Die belangrike rol van samewerking tussen gemeenskappe, kundiges en owerhede om 'n meer veerkragtige toekoms te bou.
Die forum bring 'n verskeidenheid kundige sprekers en owerhede bymekaar om praktiese oplossings en nuwe perspektiewe te deel.
📻 Skakel Donderdag om 11:30 in op SFM Streek RADIO.
📻 Luister op 90.1 FM (Mosselbaai, Hartenbos, George en Knysna)
📻 104.1 FM (Oudtshoorn, De Rust, Calitzdorp, Van Wyksdorp, Ladismith, Zoar, Dysselsdorp en omliggende gebiede)
6 Aug Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

Kus tot kruin - 🌿 bewaring begin waar ons woon 01 Oktober 2026

🌿Fred gesels vandag oor die voorreg én voordele daarvan om in ’n bewaringsgebied te woon en deel te wees van die beskerming van ons natuurlike erfenis. 📸 Ons kyk na ’n inwoner van Danabaai wat daarin geslaag het om tientalle verskillende diere wat in die gebied voorkom, op kamera vas…
1 Oct 16 min

Kus tot kruin 🌊 van strandskoonmaak tot haaiswem – 24 September 2026

Fred het vanoggend op Kus tot Kruin gesels oor interessante gebeure uit ons omgewing en verder! 🧹 ’n Oorsig van verlede week se strandskoonmaakprojekte. 🦈 Kane Johnstone se haaiswem van Danabaai tot by Die Punt. 🦌 Die redding van ’n beseerde bokkie langs die pad. 🌍 En ’n bietjie internasionale…
24 Sep 15 min