Namibia Air kry lugbedryfslisensies, eerste vlyg in Desember

Loading player...
Die nuwe nasionale lugredery, Namibia Air, se eerste vlug is geskeduleer om in die eerste week van Desember op te styg. Dit het aan die lig gekom na die Vervoerkommissie van Namibië vandag die lugredery se lugbedryfslisensies aan vervoerminister Veikko Nekundi en die Namibia Air-komitee oorhandig het. Die lisensies tree vandag in werking en is vir vyf jaar geldig. Dit laat Namibia Air ook toe om vliegtuie aan te koop. Die regering het reeds in middel-Julie in die Staatskoerant onthul hy beplan om sewe vliegtuie ter waarde van 594 miljoen Namibiese dollar aan te koop, en dat Namibia Air daarmee geskeduleerde sowel as huurvlugte in Namibië, Afrika en internasionaal wil bedryf.
6 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min

Meer mense moet in pensioenfondse belê: verslag

Namibië het die hoogste telling van vier Afrika-lande in die jongste Mercer CFA Institute se Globale Pensioenindeks behaal, met 57,5 punte en ’n C-gradering. Die land is voor Botswana, Suid-Afrika en Kenia. Zandria Venter, hoof van groei by Alexforbes, sê hoewel Namibië ’n stewige grondslag het, beklemtoon die verslag die…
27 Oct 10AM 1 min

PDM-LP het vrae oor beleid-implementering

Die PDM-parlementslid Diederik Vries het in die parlement kennis gegee van vrae oor die regering se rekord in die implementering van beleid en die lewering van tasbare ontwikkelingsresultate aan Namibiërs. Vries sal die vrae volgende week aan die minister in die Presidensie, Charles Mubita, voorlê, midde kommer oor die voortdurende…
27 Oct 10AM 1 min