Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party aanvaar verantwoordelikheid vir beide die vordering wat hy gemaak het en sy regeringstekortkominge. Hy het gister die party se manifes vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November in Johannesburg bekendgestel. Ramaphosa sê die ANC sal nie vlug voor die uitdagings wat munisipaliteite in die gesig…
McLaren-renjaer Lando Norris het die Nederlandse Grand Prix gewen. Die Brit het voor die Mercedes-paar, Kimi Antonelli en George Russell, oor die wenstreep gejaag. Lewis Hamilton en Charles Leclerc van Ferrari is onderskeidelik vierde en vyfde. Die tuisskare se gunsteling, Max Verstappen van Red Bull, is uit na slegs een…
Die Okahandja Munisipaliteit sê dat hul onlangse oproep aan pensioenarisse, behoeftige inwoners en onafgeslote boedels om uitstaande munisipale skuld te registreer, streng 'n inligting-insamelingsoefening is, nie 'n gewaarborgde skuldafskrywing nie. Adjunkburgemeester Charl Coetzee verduidelik dat die registrasie-veldtog volg op 'n opdrag van die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie, om die omvang…
Die leier van die Independent Patriots for Change, Panduleni Ithula, het Namibiërs versoek om die land se ontslape vryheidsvegters te vereer deur nasionale eenheid en die beginsels van die Grondwet te handhaaf. Dit kom terwyl die oorskot van ontslape vryheidsvegters vandag by Helde-akker herbegrawe word. Ithula het beklemtoon dat die…
Die Suid-Afrikaanse rand het Vrydag tot sy hoogste vlak in maande versterk, ondersteun deur 'n swak Amerikaanse dollar en stygende wêreldwye kommoditeitspryse. Op die oomblik verhandel die rand op 16. Die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, skryf die verwikkeling toe aan voortdurende fiskale uitdagings en stygende opbrengskoerse in die Verenigde State,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.