ANC verwerp peiling wat sê Jhb het 42% DA steun

Loading player...
Die ANC se Groter Johannesburg-streek het 'n peiling van die Maatskaplike Navorsingstigting verwerp wat toon dat die DA 42-persent steun in Johannesburg het, vergeleke met 18-persent vir die ANC. Die party bevraagteken die opname se onafhanklikheid en wil hê die metodologie en besonderhede oor die opdrag daarvoor moet vrygestel word. ANC-woordvoerder Mantombi Nkosi erken inwoners is bekommerd oor dienslewering, misdaad, werkloosheid en korrupsie. Sy sê die mobilisering in al 135 wyke sal voor die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing verskerp word:
9 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min

Meer mense moet in pensioenfondse belê: verslag

Namibië het die hoogste telling van vier Afrika-lande in die jongste Mercer CFA Institute se Globale Pensioenindeks behaal, met 57,5 punte en ’n C-gradering. Die land is voor Botswana, Suid-Afrika en Kenia. Zandria Venter, hoof van groei by Alexforbes, sê hoewel Namibië ’n stewige grondslag het, beklemtoon die verslag die…
27 Oct 10AM 1 min

PDM-LP het vrae oor beleid-implementering

Die PDM-parlementslid Diederik Vries het in die parlement kennis gegee van vrae oor die regering se rekord in die implementering van beleid en die lewering van tasbare ontwikkelingsresultate aan Namibiërs. Vries sal die vrae volgende week aan die minister in die Presidensie, Charles Mubita, voorlê, midde kommer oor die voortdurende…
27 Oct 10AM 1 min