Miltsiek: Landbou toets monsters

Loading player...
Die veeartsenykundige departement in die landbouministerie ondersoek vermeende gevalle van miltsiekte in die Namib-Naukluft Nasionale Park. Dit kom te midde van berigte dat sewe dooie sebras in die gebied rondom Vreemdelingspoort en Sossus Desert Lodge gevind is, met simptome wat moontlik met miltsiekte ooreenstem. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, gepraat wat sê monsters word steeds getoets en meer inligting sal binnekort aangekondig word.
13 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA regering sluit steeds bruin gemeenskappe uit: NCC

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, sê bruin gemeenskappe word steeds benadeel en ekonomies uitgesluit. Hy het die ANC en die DA in die Wes-Kaap gekritiseer tydens 'n onderhoud met die SABC voor volgende Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Adams sê indiensnemingsbeleide beperk geleenthede vir bruin jeugdiges en…
26 Oct 11AM 1 min

Ja, vleis van Meatco-verslagtings word plaaslik verkoop

Meatco het bevestig dat die maatskappy môre en Woensdag meer as 400 beeste sal slag. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira gesê slegs beeste wat reeds aan Meatco behoort en in sy eie voerkrale gehou word, sal verwerk word. Sy het ook bevestig dat al…
26 Oct 11AM 1 min

BKS strem kameelperd-verskuiwings

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Suider-Afrika strem die verskuiwing van kameelperde in Namibië, Suid-Afrika en Botswana. Julian Fennessy, medestigter van die Giraffe Conservation Foundation, waarsku dat beperkings op die verskuiwing van gesplete-hoefdiere pogings om kameelperde in nuwe gebiede te hervestig, belemmer en sowel bewaring as landelike gemeenskappe se lewensonderhoud bedreig. Hy het…
26 Oct 10AM 1 min

Dis wat NNN in Moskou gaan doen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit…
26 Oct 10AM 1 min