Saftu steun eis vir 13% loonverhoging in suikerbedryf

Loading player...
Die vakbondfederasie Saftu steun ten volle die vakbond Fawu se eis vir 'n loonverhoging van 13-persent in die suiker-vervaardigings- en -raffineringsbedryf. Duisende werkers het hierdie week hulle beskermde staking hervat nadat loononderhandelings 'n dooiepunt bereik het. Die Werkgewersvereniging vir die Suiker-vervaardigings- en -Raffineringsbedryf bied 'n loonverhoging van 5,4-persent aan. Asive Dyani van Saftu sê werkers moet weereens opoffer omdat die bedryf ekonomiese uitdagings ervaar:
20 Aug 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS strem kameelperd-verskuiwings

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Suider-Afrika strem die verskuiwing van kameelperde in Namibië, Suid-Afrika en Botswana. Julian Fennessy, medestigter van die Giraffe Conservation Foundation, waarsku dat beperkings op die verskuiwing van gesplete-hoefdiere pogings om kameelperde in nuwe gebiede te hervestig, belemmer en sowel bewaring as landelike gemeenskappe se lewensonderhoud bedreig. Hy het…
26 Oct 10AM 1 min

Dis wat NNN in Moskou gaan doen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit…
26 Oct 10AM 1 min

Meriete, leierskap 'behoort Swapo se verkiesingskriteria te wees'

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat Swapo se vereiste van 10 jaar diens in die Sentrale Komitee voordat iemand as 'n verkiesingskandidaat genomineer kan word, en sy sogenaamde sebra-styl-geslagskwotas, verdeeldheid binne die party kan verdiep voor die 2027-verkiesingskongres. Kamwanya sê streng toelatingsvereistes kan bekwame kandidate uitsluit. Hy sê die party…
26 Oct 10AM 1 min

Nog moontlike Ebola-gevalle in Nigerië

Nigerië se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming sê nog twee moontlike Ebola-gevalle is geïdentifiseer, terwyl 53 noue kontakte ook opgespoor is. Die virus is die eerste keer bevestig in 'n vrou wat op 11 Oktober van Uganda in die hoofstad, Abuja, aangekom het. Die 42-jarige se man werk in die…
26 Oct 9AM 1 min

Politici, polisie-generaals was betrokke by misdade: Eugene de Kock

Die voormalige apartheids-polisie-offisier, Eugene de Kock, het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig senior politieke ampsdraers was bewus van misdade en was daarby betrokke. Hy beweer die destydse minister van Wet en Orde, Louis le Grange, het die bomaanval op ANC-kantore in Londen goedgekeur en Adriaan Vlok, wat dieselfde portefeulje…
26 Oct 9AM 1 min