
Viswerkers ruk in Walvis op teen fosfaat
Loading player...
Werkers in die visbedryf het Donderdag by 'n betoging in Walvisbaai teen ondersee-fosfaatmynbou aangesluit. Die groep het by die kantore van die omgewingsministerie vergader om 'n petisie te oorhandig. Die woordvoerder van die groep, Taapopi Shikongo, het 'n beroep gedoen op die heroorweging van die omgewingsgoedkeuring vir mariene fosfaatmynbou, met verwysing na kommer oor die land se mariene omgewing, die visbedryf, werkgeleenthede en kusgemeenskappe.

