
Madlanga-kommissie veroordeel intimidasie van media
Loading player...
Die Madlanga-kommissie veroordeel die intimidasie van joernaliste wat die verhore in Pretoria bywoon, en sê dis lede van die media se grondwetlike reg om hul pligte uit te voer. Dit volg na die inhegtenisneming van die omstrede sakeman, Stuart James Scharnick, nadat hy na bewering die Sowetan-joernalis, Herman Moloi, gekonfronteer en gedreig het omdat hy hom tydens gister se teepouse sonder toestemming afgeneem het. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michael, sê wanordelike gedrag op die openbare verhore se perseel sal nie geduld word nie:

