
Ministerie werk aan versterking van nommerplaat-egtheid
Loading player...
Die vervoerministerie doen uiteindelik stappe om die onwettige vervaardiging van nommerplate en taxi-identifikasienommers aan te spreek. Dit kom te midde van kommer dat baie rooftogte gepleeg word met voertuie met bedrieglike identifikasie, wat dit vir die owerhede moeilik maak om hulle op te spoor. Ministeriewoordvoerder Tangi Shivute sê die ministerie het openbare konsultasies van stapel gestuur, wat tussen September en November gehou sal word.

