
SA en Zim se samewerking moet lei tot streeksintegrasie
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika en Zimbabwe moet hulle sterk bilaterale verhouding omskep in ekonomiese geleenthede. Hy het die ministeriële vergadering van die vierde sitting van die Suid-Afrika-Zimbabwe Bi-nasionale Kommissie in Pretoria toegespreek. Meer as 33 ooreenkomste en memorandums van verstandhouding is bereik sedert die kommissie in April 2015 gestig is. Lamola sê die bilaterale samewerking moet bydra tot groter streeksintegrasie:

